African National Congress

Die African National Congress (ANC) is 'n bevrydingsorganisasie en politieke party wat Suid-Afrika sedert die land se eerste nie-rassige, demokratiese nasionale verkiesing van April 1994 regeer. Dié party is in 1912 in Bloemfontein as die South African Native National Congress (SANNC) gestig en was jare lank 'n verbode organisasie in Suid-Afrika. Die huidige naam is in 1923 aanvaar. Ná die algemene verkiesing van 2024 het die ANC vir die eerste keer in Suid-Afrika se demokratiese geskiedenis sy meerderheid in die parlement verloor. Dit bly steeds die grootste party, met minder as 41% van die stemme. Die party het ook sy meerderheid in Kwa-Zulu Natal, Gauteng en Noord-Kaap verloor. Ten spyte van hierdie terugslae het die ANC mag op nasionale vlak behou deur 'n groot koalisie waarna verwys word as ‘n Regering van Nasionale Eenheid, insluitend partye wat saam 72% van die setels in die Parlement het.


Developed by StudentB